by Sean Eva | Jan 10, 2025 | Gedigte
Ek kan vandag glimlag
van oggend tot nag
Ek onthou hoe kaassous
uit ons leë hamburgerborde lek.
Hoe ons albei heig met heuwels.
Jou “briljante”idee.
Ek kon glimlag vir die kaartjie
wat jy vir myy na Valentynsdag gegee het.
Ek kon glimlag want jy
een van keyboord knoppe
en stoepsit denke
Jy is die rede
want jy bestaan.
by Sean Eva | Nov 11, 2024 | Gedigte
Ek loop die straat van Niemandsland.
Die ligte flikker met elke tree –
En in my agterkop onthou ek jou gevoel
voel ek jou soene in herinneringe.
In Niemandsland staan ek alleen, vervreemd
Is dit alles dan verby? Waar kruip jy weg? Ek soek jou woorde
Maar ek hoor dit in die silhoeët van die verlede.
Ek tuur deur die uurglas,
ek hoor ons lag
Maar niks is meer soos wat dit was
Want ek is in Niemandsland.
Jy waai vir my vanaf Gistersland.
Ek sit op die bankie van ‘n park
vlerk geluide van duiwe-
Maar hulle sagte vere versteek jou glimlag
Al die pad af terug na Gistersland.
Daar is nêrens anders as vorentoe –
want ek is vas gevang in Niemandsland.
Jy waai vir my van Gistersland.
Ek hinker vir net nog een soen.
Ek tuur deur die uurglas
ek sien ons skaam trane
Maar niks is meer soos wat dit was
Ek is in niemandsland
Jy waai al die pad van gistersland.
by Sean Eva | Jun 4, 2024 | Gedigte
Dis in die stilte wat ek hoor,
so in die donkerte wat ek sien.
Waar my gedagtes heel aand koor,
my drome my ‘n toeneel toe dien.
Hoe vat ek dan nog ‘n tree?
Hoe sing ek nog ‘n noot?
As jy daar sou staan, verleë,
nee, dan is dit immers ek in nood.
Geen lot of ope grond sal my versluk
Geen ope lug van blou sal my verslind
Ek staan hier, alleen in die stilte en sien.
Ek staan, alleen in die donkerte en hoor.
My giggel versplinter die venster van dig.
Hoe dan nou anders?
Dié sou net ‘n nagmerrie wees,
as ek nie in die stille donker kon toor.
by Sean Eva | Jun 3, 2024 | Gedigte
Ek skryf ‘n gedig aan ‘n kind wat ek nie het nie.
Jou lewe is ‘n handdruk met God.
Dis niemand se besigheid behalwe joune nie
Deftig jouself vir die ewigheid.
Jou hare gekam met nederigheid
Jou tande geborsel met ‘n skoon geheime-lewe
Dra ‘n rok of pak wat handgemaak is
om te pas by jou eie vermoëens
Hou vas die drankie waarmee jy die mees gemaklikste is
Om te wys wat jy geniet het.
Staan sterk en trots, sonder eie aanstoot.
Voor die Een wat jou geskape het
Dra jou vrae soos ‘n naamplaak
Moet hulle nie versteek van jou Skepper nie
Stap die ewigheid in, gelewe ten volle.
‘n sterk lewens handskud.
Ontmoet jou skepper soos jy,
jou vyand sal ontmoet wat jou kwaad toe wens,
soos jy jou geliefde sal vas hou
soos jy jou ouers wat jou gevoer het ontmoet
soos jy jou kind wat jou voorbeeld volg
sal groet.
Want wat jy ontmoet is meer as ons.
Dit het jou gemaak soos jy is and soos jy sal wees.
Moet nie bang wees vir die ewigheid nie,
net dat jy dit in skaamte sal groet.
by Sean Eva | May 7, 2024 | Gedigte
Blaaie, wapper met die wind.
weggesteek van die wêreld se oë.
Nee, weggesteek van my aangesig
Liewe Dagboek
Vergewe my kranksinnigheid
soos ek sinne en sondes op jou bloei
Nee, nie geheime nie
Nee, nie my onskuld van skaamte voor die Here nie.
Waar ek staan en bieg, trane sit en wieg.
Weerhou die blaaie van my oë en my aangesig.
Ek wil nie die gedroogte swart ink sien nie.
Mefastofilies wat my vingers dryf
deur die nag met fluister van woorde en dig.
‘n Dryf liewe Dagboek
‘n Dryf van ‘n gek
soos die woorde drup
Oh, liewe Dagboek
Die wind het gesak
Mefastofilies het my verlaat
Ek is alleen met die sinne en sondes
Klap ek die dagboek…
Totsiens liewe Dagboek.
…toe.