Blaaie, wapper met die wind.
weggesteek van die wêreld se oë.
Nee, weggesteek van my aangesig
Liewe Dagboek
Vergewe my kranksinnigheid
soos ek sinne en sondes op jou bloei
Nee, nie geheime nie
Nee, nie my onskuld van skaamte voor die Here nie.
Waar ek staan en bieg, trane sit en wieg.
Weerhou die blaaie van my oë en my aangesig.
Ek wil nie die gedroogte swart ink sien nie.
Mefastofilies wat my vingers dryf
deur die nag met fluister van woorde en dig.
‘n Dryf liewe Dagboek
‘n Dryf van ‘n gek
soos die woorde drup
Oh, liewe Dagboek
Die wind het gesak
Mefastofilies het my verlaat
Ek is alleen met die sinne en sondes
Klap ek die dagboek…
Totsiens liewe Dagboek.
…toe.