Ek loop die straat van Niemandsland.
Die ligte flikker met elke tree –
En in my agterkop onthou ek jou gevoel
voel ek jou soene in herinneringe.
In Niemandsland staan ek alleen, vervreemd
Is dit alles dan verby? Waar kruip jy weg? Ek soek jou woorde
Maar ek hoor dit in die silhoeët van die verlede.
Ek tuur deur die uurglas,
ek hoor ons lag
Maar niks is meer soos wat dit was
Want ek is in Niemandsland.
Jy waai vir my vanaf Gistersland.
Ek sit op die bankie van ‘n park
vlerk geluide van duiwe-
Maar hulle sagte vere versteek jou glimlag
Al die pad af terug na Gistersland.
Daar is nêrens anders as vorentoe –
want ek is vas gevang in Niemandsland.
Jy waai vir my van Gistersland.
Ek hinker vir net nog een soen.
Ek tuur deur die uurglas
ek sien ons skaam trane
Maar niks is meer soos wat dit was
Ek is in niemandsland
Jy waai al die pad van gistersland.